BKS: ActionSA verwelkom ’n roetine-inentingskema
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 10
- 1 min read
ActionSA verwelkom die publikasie van ’n roetine-inentingskema vir bek-en-klouseer deur die minister van landbou, John Steenhuisen.
Die party sê die skema, wat ingevolge die Wet op Dieresiektes uitgereik is, is ’n lankal reeds agterstallige stap wat private veeartse en vee-eienaars in staat stel om ’n meer aktiewe rol in die inenting van kuddes te speel.
ActionSA sê die stap verskuif weg van ’n oorgesentraliseerde benadering wat voorheen die land se reaksie op die uitbreking vertraag het.
Die party waarsku egter dat die sukses van die program sal afhang van die beskikbaarheid van entstowwe, duidelike riglyne en effektiewe koördinering tussen nasionale en provinsiale owerhede.







Comments