BKS: Entstof in die VS raak min
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 57 minutes ago
- 1 min read
Die Vrystaat gaan waarskynlik binnekort sonder entstof teen bek-en-klouseer (BKS) sit. Daar is nog net entstof vir sowat twee weke se inentings oor en geen aanduiding van wanneer dit weer beskikbaar sal wees nie.
Netwerk24 berig die visepresident van Vrystaat Landbou (VL), Friedl von Maltitz, het bevestig dat die entstof in die provinsie nog net vir sowat twee weke sal hou. Hy het ook daarop gewys dat daar teen dié tyd meer vee ingeënt moes wees volgens die departement van landbou se oorspronklike plan.
Die president en uitvoerende hoof van die Landbounavorsingsraad (LNR), Litha Magingxa, sê hulle brei hul produksievermoë uit en bied só aan boere en veeartsenydienste toegang tot die nodige entstowwe om dieregesondheid en voedselsekerheid oor die land heen te beskerm.
In reaksie hierop het een van Suid-Afrika se mees ervare kundiges oor BKS, Danie Odendaal, gesê die produksie van entstowwe kan goedkoper en vinniger deur ’n internasionale maatskappy gedoen word. Hy sê inenting moet op ’n nasionale grondslag binne twee maande voltooi word, anders sal dit nie doeltreffend wees nie.
Die minister van landbou, John Steenhuisen, het gister aangekondig dat nog 20 000 entstowwe beskikbaar gestel is, wat deur die LNR gelewer is.








Comments