top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS: Boere hoef nie vir entstof te betaal nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 5
  • 1 min read

Boere sal nie vir entstowwe teen bek-en-klouseer hoef te betaal nie, aangesien die regering die volle koste van die nasionale inentingsveldtog gaan dra.


Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, sê in ‘n mediaverklaring entstowwe is reeds na provinsies versprei en honderde duisende diere word weekliks ingeënt.


Hy het ook ’n beroep op boere en ander rolspelers gedoen om versigtig te wees vir fopnuus oor die koste en verspreiding van entstowwe wat die rondte doen.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page