top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS dreig nou naby Bfn

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 12
  • 1 min read

ʼn Moontlike geval van bek-en-klouseer naby Bloemfontein word tans ondersoek. Dit te midde van ʼn toename in gevalle in die Vrystaat.


Volgens SABC News het die Vrystaatse Departement van Landbou 35 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal in die provinsie op 291 te staan bring.


Uitbrake is reeds in verskeie gebiede aangemeld, met besmette plase onder kwarantyn en streng bewegingsbeheer binne ʼn radius van 10 kilometer.


Die departement doen ʼn beroep op boere om enige vermoedelike gevalle onmiddellik aan te meld en biosekuriteitsmaatreëls streng toe te pas.


Intussen is ʼn plaaslik vervaardigde entstof onlangs bekend gestel as deel van die land se breër beheerstrategie.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page