BKS: Sosio-ekonomiese verligting word vir kwesbare boere oorweeg
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 days ago
- 1 min read
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê dat sosio-ekonomiese verligting vir kwesbare boere wat onder bek-en-klouseer gebuk gaan, oorweeg word. Hy sê egter daar is nie tans 'n algemene vergoedingsfonds nie.
Netwerk24 berig dat LP's intussen groter duidelikheid eis oor die regering se reaksie op die BKS-uitbreking, terwyl kommer toeneem oor die wagtyd vir laboratoriumtoetse, die beskikbaarheid van entstof en die impak van kwarantyn op veeboere. Hulle was veral krities oor die gaping tussen die kliniese vermoede van die siekte en die formele laboratoriumbevestiging van gevalle, wat volgens hulle ’n risiko vir verdere verspreiding inhou.
Steenhuisen benadruk dat terwyl die stelsel onder druk verkeer, streng molekulêre bevestiging nodig is om aan internasionale vereistes te voldoen.
Volgens die departement is miljoene dosisse reeds bekom, en word verdere bestellings beplan om die teiken van 80%-inenting van die nasionale kudde te behaal. Die departement werk ook daaraan om ander entstowwe van oorsee te bekom, maar wag nog op sekere toetsresultate om te bevestig of dit plaaslik doeltreffend sal wees.
Die Vrystaat se syfers bly onveranderd.








Comments