top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS kos Vrystaat-boere miljoene

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 24
  • 1 min read

’n Vrystaatse boer sê hy het reeds meer as R40 miljoen weens die bek-en-klouseer-uitbraak verloor.


IOL berig die is onthulling gemaak tydens ’n oorsigbesoek deur die Parlement se portefeuljekomitee oor landbou in die Fezile Dabi-distrik.


Boere het die provinsiale Departement van Landbou gekritiseer en beweer entstowwe is nie betyds toegedien nie.


Volgens die boer kos dit tussen R4 000 en R6 000 om ’n enkele bees te ent, met totale koste wat reeds meer as R6 miljoen beloop.


Die komitee het ook gehoor dat varkboerderye in Kroonstad swaar getref word.


Komiteevoorsitter Dina Pule het intussen die departement se stappe erken, maar beklemtoon dat groter samewerking noodsaaklik is om die siekte te bekamp.


Ter illstrasie. FOTO: SABC News
Ter illstrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page