BKS: Meer as twee miljoen diere is reeds ingeënt
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 16
- 1 min read
Suid-Afrika se bek-en-klouseer-inentingsveldtog toon vroeë sukses, met meer as twee miljoen diere wat sedert Februarie ingeënt is.
Die minister van landbou, John Steenhuisen, het aangekondig dat vroeë data aandui dat die huidige massa-bek-en-klouseer inentings-strategie positiewe resultate lewer. 'n Totaal van 1 317 gevalle is landwyd aangemeld teen 10 April, met die Vrystaat en Noordwes wat die hardste getref is. Die departement het suksesvol ‘n bestendige voorraad entstowwe verseker, en meer word verwag.
Die departement se woordvoerder, Joylene van Wyk, sê geen infeksies is in ingeënte kuddes aangeteken nie, wat daarop dui dat die entstof effektief is.
LUISTER HIER:






Comments