BKS: 'n Interdik-aansoek is teen Steenhuisen ingedien
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5h
- 1 min read
Die landbou-organisasie Saai het saam met Vrystaat Landbou en die Sakeliga ’n dringende aansoek in die Pretoria-hooggeregshof gebring vir ’n tussentydse interdik oor maatreëls rakende bek-en-klouseer-entstof.
Die aansoek is gerig teen die minister van landbou, John Steenhuisen, asook die departement en die direkteur van dieregesondheid.
Saai voer aan dat huidige regulasies private entstofinvoer en selfinenting onredelik beperk. Die hof word gevra om tydelike beskerming toe te staan hangende ’n hersiening van die besluite.
Intussen het Rosestad-nuus vroeër berig Steenhuisen is in Bloemfontein waar hy saam met die Vrystaatse LUR vir Landbou, Elzabe Rockman, die inentingsprogram by die Glen-landboukollege besoek het.







Comments