Steenhuisen is in Bfn
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, is in Bloemfontein waar hy toesig hou oor die voortgesette massainentingsveldtog teen bek-en-klouseer in die Vrystaat.
Luidens ‘n plasing op die Vrystaatse landboudepartement se sosiale media blad het hy, saam met die Vrystaatse Landbou-LUR Elzabe Rockman en provinsiale amptenare, die inentingsprogram by die Glen-landboukollege besoek - waar staatsveeartse ’n demonstrasie van die inentingsproses gehou het.
Die departement sê die inentings word gefaseerd uitgerol, met hoërisikogebiede wat eerste geteiken word om verdere verspreiding van die siekte te beperk.
Intussen is nog ’n geval van bek-en-klouseer is in die Mangaung Metro Munisipaliteit bevestig, wat die totale aantal uitbrake in die Vrystaat op minstens 381 en in die metro op twee te staan bring.







Comments