‘n BKS-beleid laat die suiwelbedryf kopkrap
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 17
- 1 min read
Onsekerheid oor die hantering van melk van gesonde, ingeënte koeie teen bek-en-klouseer (BKS) kan ’n direkte impak op kaasvervaardiging hê.
Volgens Landbouweekblad bepaal die huidige beleid dat ingeënte kuddes in kwarantyn geplaas word.
Melk SA se Mark Chimes sê melk uit sulke kuddes moet dubbel gepasteuriseer of as langlewe- of poeiermelk verwerk word.
Kaas kan egter nie van dubbel gepasteuriseerde melk gemaak word nie, wat produsente in ’n moeilike posisie plaas.
Hy meen die beleid word nie deur World Organisation for Animal Health vereis nie en vra dat dit dringend aangepas word om verdere ontwrigting in die suiwelbedryf te voorkom.








Comments