top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

BKS versprei verder

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 25
  • 1 min read

Die Departement van Landbou sê bek-en-klouseer versprei steeds, met oorspoelgevalle wat nou al hoe duideliker in die Vrystaat voorkom.


Hoewel KwaZulu-Natal die episentrum van die uitbraak bly, is gevalle ook in ander provinsies aangemeld.


Amptenare sê die onwettige beweging van besmette diere, vals gesondheidsverklarings en veilings dra tot die verdere verspreiding van die siekte by.


Intussen het eenmiljoen entstofdosisse uit Argentinië in die land aangekom, met die Vrystaat en KwaZulu-Natal wat elk 200 000 dosisse ontvang.


Limpopo en Mpumalanga ontvang elk 100 000 dosisse, met nog sowat 1,5-miljoen dosisse wat later die week verwag word.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page