top of page

Bloemfontein trek glo ook voordeel uit Suid-Afrika se lening

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 11, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse regering het byna R16-miljard by die Wêreldbank geleen.


Dit is deel van ’n ongeveer R52.5 miljard-inisiatief om groot metro’s te help om infrastruktuur op te gradeer en dienslewering te verbeter.


Die program bevoordeel agt metro’s, insluitend Johannesburg, Kaapstad en eThekwini - wat saam 85% van die land se ekonomiese aktiwiteit lewer.


Die Mangaung Metro Munisipaliteit sal volgens MoneyWeb ook voordeel uit die lening trek.


Newskoop berig verder volgens die minister van finansies, Enoch Godongwana, sal die sesjaarprogram munisipaliteite deur prestasiegebaseerde befondsing beloon wat beter in water-, elektrisiteits- en afvalbestuur presteer.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page