top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners word oor erge donderstorms gewaarsku

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 6
  • 1 min read

Bloemfonteiners word gewaarsku om bedag te wees op erge donderstorms nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n vlak-5 waarskuwing vir Vrydag uitgereik het.


Volgens die waarskuwing kan swaar reën, sterk winde en hael oor dele van die Vrystaat voorkom.


Die Manguang Metro Munisipaliteit sê die toestande kan tot plaaslike oorstromings op paaie en in laagliggende gebiede lei, asook skade aan infrastruktuur en onderbrekings in munisipale dienste veroorsaak.


Motoriste word aangeraai om versigtig te bestuur en hul spoed te verminder, terwyl mense ook gewaarsku word om nie tydens storms onder bome of hoë strukture skuiling te soek nie.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page