top of page

Centlec verwelkom diewe se vonnis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Bloemfontein se kragverskaffer Centlec verwelkom die vonnis van twee mans wat skuldig bevind is aan die diefstal en vandalisering van kritieke elektrisiteitsinfrastruktuur in Bloemfontein.


Volgens ‘n mediaverklaring is die twee in September verlede jaar in hegtenis geneem nadat hulle Centlec-toerusting gesteel en beskadig het.


PVC-koperkabel ter waarde van meer as R74 000 is in hul besit gevind.


Die voorval het veroorsaak dat inwoners van Batho vir ’n geruime tyd sonder elektrisiteit was.


Hulle het vroeër vandeesmaand skuld erken op aanklagte van diefstal en die vandalisering van noodsaaklike infrastruktuur, waarna die hof hulle elk tot 10 jaar direkte tronkstraf gevonnis het.


Centlec sê die vonnisse stuur ’n sterk boodskap dat misdade teen kritieke infrastruktuur ernstig opgeneem word en hoop dit sal as afskrikmiddel vir ander dien.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page