Centlec word geprys vir hulle vinnige optrede
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 25
- 1 min read
Verskeie Bloemfonteiners het die stad se kragvoorsiener, Centlec, op sosiale media geprys vir die vinnige herstel van krag ná die ontploffing by die Bayswater-verspreidingsentrum.
Ten spyte van die omvang van die skade is krag binne die beraamde tyd herstel.
Intussen berig SABC News dat sommige inwoners van Vanderbijlpark in die Vaal reeds vir dae sonder krag is ná ’n ontploffing by ’n hoofsubstasie.
Die onderbreking raak verskeie woongebiede, met inwoners wat sê hulle moes kos weggooi en dat kragprobleme in die gebied gereeld voorkom.
Sommige beweer kragonderbrekings kan daar dae of selfs weke duur.








Comments