Dele van Bloem gaan vir minstens 24 uur sonder krag wees
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 24
- 1 min read
’n Ontploffing by die Bayswater-verspreidingsentrum het veroorsaak dat dele van Bloemfontein vir na raming sowat 24 uur sonder krag sal wees.
Volgens Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, het die ontploffing Maandagaand by een van die transformators plaasgevind en ’n brand veroorsaak.
Die Mangaung-brandweer is ontbied en het die brand op die toneel geblus.
Luidens Centlec se mediaverklaring sal ’n voorlopige ondersoek die oorsaak van die ontploffing en die omvang van die skade bepaal, terwyl tegniese spanne reeds werk om krag aan alle geraakte gebiede te herstel.








Comments