top of page

Die deernis van ‘n Vrystater gaan nie ongesiens verby nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5h
  • 1 min read

Die deernis van ‘n Vrystaatse man wat 15km ver geloop het om sy beseerde hond se lewe te red het nie ongesiens verbygegaan nie.


Maroela Media berig Sello Mabote het ‘n drie-maande kontrak by die einste DBV gekry waar hy om hulp gaan aanklop het.


Mabote wat voorheen werkloos was, het talle se harte aangeraak toe in Oktober die lang pad met Option in sy arms aangedruf het.


Dit na die hond se been in ‘n tref-en-trap-ongeluk gebreek is. 


Virgina DBV se voorsitter, Thea Smit, sê Mabote is die ideale persoon vir die assistant-pos aangesien hy reeds ondervinding opgedoen het by ‘n instansie waar sekuriteitshonde opgelei het.


Maar belangriker nog sê sy, het hy ‘n opregte gevoel vir dierewelsyn – iets wat nie aangeleer kan word nie.


Sello Mabote. FOTO: Maroela Media
Sello Mabote. FOTO: Maroela Media


Comments


bottom of page