top of page



Gevalle van masels neem toe
Daar is ʼn beduidende toename van masels in Suid-Afrika aangeteken. Dit is volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes. Byna 140 gevalle is tussen 28 Desember en 16 Januarie aangemeld. Die Wes-Kaap is die ergste in die eerste twee weke van 2026 geraak, met 84 bevestigde gevalle, gevolg deur Mpumalanga met 20 gevalle. Ses gevalle is in die Vrystaat aangemeld. Ouers word aangemoedig om hul kinders vir inentings te neem. FOTO: Nasionale Instituut vir Oordraagbare Sie

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


‘n Vrystater moet hof toe ná hy glo ‘n BKS-inspeksie weier
‘n Man van Heilbron in die Vrystaat wat glo geweier het dat staatsamptenare toegang tot sy eiendom kry om ‘n bek-en-klouseer-inspeksie te doen sal volgende week in die hof verskyn. Landbouweekblad berig die man se eiendom is binne ‘n radius van 10km van ‘n eiendom waar BKS voorkom. Volgens polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani is die man ingevolge ‘n beweerde oortreding van die Wet op Dieregesondheid in hegtenis geneem. Dit is onduidelik of hy tot sy hofverskyning in aan

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Onwettige studente-akkommodasie neem toe
Die VF Plus is bekommerd oor die groeiende verskynsel van onwettige studente-akkommodasie. Residensiële erwe word glo toenemend omskep in akkommodasie vir studente sonder die nakoming van munisipale verordeninge, soneringsbepalings en bouregulasies. Luidens ‘n mediaverklaring het die VF Plus tydens ‘n oorsig besoek in Kroonstad in die Vrystaat bevind dat studente in sekere gevalle in onaanvaarbare omstandighede woon. Volgens die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NS

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 28


‘BKS moet tot ramp in die Vrystaat verklaar word’
Namate beheermaatreëls misluk dring die DA daarop aan dat die Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering bek-en-klouseer (BKS) tot ‘n ramp verklaar. Luidens ‘n mediaverklaring is die party se Vrystaat leier, Roy Jankielsohn, van mening dat aangesien BKS 'n staatsbeheerde siekte is, dit die verantwoordelikheid van die staat bly om beeste in te ent, beweging te beheer en inligting aan alle vee-eienaars te versprei. Hy voeg by BKS vereis proaktiewe leierskap, gekoördineerde afdwin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 27


Snapper is weer tuis by haar eienaar
Na Adam Letchuti vroeër die maand meer as 10km met sy siek hond, Snapper, na die Cluny Animal Trust in Fouriesburg gestap het – is sy ontslaan en weer tuis. Luidens ‘n plasing op die trust se sosiale media is die 7 maande oue Duitse-herdershond-kruising nog bietjie wankelrig en moet sy nog gewig optel. Sy was baie siek en is met galweg- en ander komplikasies in die kliniek opgeneem. Die trust se plasing sê verder hulle het oor die jare wonderlike eienaars gesien, maar Vrystat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 23


Wes-Kaapse leeus kom veilig in die Vrystaat aan
Na 'n lang en uitputtende 18-uur lange reis van Stanford in die Wes-Kaap na Bethlehem is vyf leeus van die Panthera Africa Big Cat Sanctuary veilig by die Lionsrock Big Cat Sanctuary in die Vrystaat. DFA berig Panthera Africa Big Cat Sanctuary was gedwing om sy diere te ontruim nadat verwoestende brande deur die Overberg-gebied in die Wes-Kaap gewoed het. Volgens Four Paws het elke leeu ‘n veeartsenykunidge ondersoek ondergaan om hul algemene gesondheidstoestand te bepaal, e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 21


Boere word versoek om die beweging van diere te beperk
Boere word versoek om die beweging van diere te beperk en streng biosekuriteitsmaatreëls te volg. Dit volg nadat bek-en-klouseergevalle in die Vrystaat met 29 nuwe bevestigde infeksies toegeneem het, wat die totaal op 223 te staan bring. SABC News berig die provinsiale Departement van Landbou sê verskeie uitbrekingsgebiede is geïdentifiseer, wat streng kwarantynmaatreëls en bewegingsbeperkings op plase naby geaffekteerde gebiede tot gevolg het. Amptenare het ook vermeende

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 20


‘n Vrystaatse tiener verskyn in die hof vir moord
Die 16-jarige Vrystaatse seun wat glo ‘n agtjarige dogtertjie vermoor het omdat sy perskes gesteel het - se saak is in die Senekal-landdroshof tot Maart uitgestel. Luidens ‘n mediaverklaring word die verdagte in ‘n plek van veiligebewaring aangehou. Die dogtertjie se liggaam is in ‘n blou drom in hul bure se huis gevind nadat haar tannie haar as vermis aangemeld het. Die polisie het die tienerseun wat langs die tannie bly by die skool gaan haal, en hy het erken dat hy die oor

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 20


‘n Verdagte word met renosterhorings betrap
‘n Verdagte is in die vroeë oggendure met horings wat vermoedelik die van renosters is, ongepoleerde diamante en ‘n soliede stuk goud betrap. Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die Ficksburg Sigbare Polisiëringseenheid het tydens ‘n misdaadvoorkomings-operasie die verdagte se voertuig afgetrek. ‘n Pakkie wat met bruin kleefband toegedraai was, is tydens ‘n soektog in die kattebak gevind. Volgens die bestuurder is hy versoe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 20


Verdagtes word vir ‘n plaasroof naby Clocolan gesoek
Verdagtes wat ‘n Vrystaatse boer op sy plaas naby Clocolan beroof het, is nog op vrye voet. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in 'n mediaverklaring die boer is Sondagmiddag deur drie gewapende verdagtes aangerand toe hy uit sy bakkie by die huis geklim het. Die verdagtes het glo die boer na die plaashuis gesleep, waar hulle geld geëis het en hom gedwing het om sy kluis oop te maak. Hulle het die boer met toue vasgemaak voordat die hulle met verskeie vuurwapens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 19


‘n Vrystaat-bejaarde word van ‘n krans in Qwaqwa gered
‘n 78-jarige man wat van ‘n krans in Qwaqwa, in die Vrystaat, afgeval het, is gered. Die man, Tumo Mahlangu, het op die Mabolela-bergtop geloop toe hy gegly, van die krans afgeval en vasgesit het. Hy het die polisie ontbied en ‘n reddingsmissie is van stapel gestuur. Die man is na veiligheid gehys en het die nodige mediese behandeling ontvang voordat hy na ‘n streekhospitaal vir verdere ondersoek en behandeling vervoer is. Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 14


Dringende ingryping op die Vrystaatse R26-pad word gevra
Die DA in die Vrystaat sê hulle is bekommerd oor die gereelde ongelukke op die R26 tussen Bakenpark en Bohlokong. Daar is in 2024 30 ongelukke op die pad aangeteken en ‘n verdere 29 tussen Januarie en Augustus verlede jaar. Die party het aan die munisipaliteit geskryf en sal die Vrystaatse Wetgewer nader om dringende optrede aan te moedig. DA se Hilton Maasdorp blameer faktore soos spoed, swak padtekens en padtoestande. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Central News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 14


Die 2025-matriekklas behaal die hoogste slaagsyfer ooit
Die Matriekklas van 2025 het 'n slaagsyfer van 88% behaal, 'n toename van verlede jaar se 87.03%, én die hoogste ooit in die land se nasionale senior sertifikaat geskiedenis. Die uitslae is Maandagaand deur die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, vrygestel. Volgens die Vrystaatse Departement van Onderwys het die Vrystaat vanjaar na die tweede posisie afgeskuif met ‘n slaagsyfer van 89.33% - KwaZulu Natal is nou nommer een met 90.8%. Die department het onderwysers,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 13


Gwarube stel matriekuitslae vry
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, stel Maandag die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenuitslae vry. Volgens die Departement van Basiese Onderwys het meer as 920 000 kandidate die eksamens regoor die land afgelê. Dit verteenwoordig een van die land se grootste nasionale assesseringsprosesse. Instussen berig SABC News die Vrystaat het sedert 2016 agt keer die beste uitslae in die land gehad. Die onderwysdepartement se woordvoerder, Howard Ndaba, sê danksy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 12


BKS: Gevalle styg steeds in die Vrystaat
Die Vrystaat het 45 nuwe bek-en-klouseergevalle aangeteken, wat die provinsiale totaal op 194 te staan bring. Dit volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling. SABC News berig uitbrake is in verskeie gebiede regoor die provinsie bevestig, insluitend Heilbron, Deneysville en Sasolburg. Streng bewegingsbeperkings en kwarantyn bly van krag. Boere word gewaarsku dat die beweging van diere onder kwarantyn sonder die nodige dokumentasie 'n kriminele oortreding i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 10


BKS: Nou ook op ‘n varkplaas in die Vrystaat
Alhoewel kommersiële varkboerderye tot onlangs die uitbraak van bek-en-klouseer kon vryspring, is een so ‘n geval in die Sasolburg distrik in die Vrystaat bevestig. Landbouweekblad berig daar is ook nog twee vermoedelike uitbrake by varkboerdery in KwaZulu-Natal. Die uitbrake veroorsaak baie vrae, onderandere wil ’n veearts en hoof van verbruikersversekering by die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie, Dr. Thandi Chiappero, uitvind hoe die virus die boerdery kon b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 6


‘Blouligrowers’ is in ‘n skietery oorlede
Vermeende blouligrowers is tydens ‘n skietery met die polisie in die Vrystaat oorlede. Arrive Alive berig ‘n span wat uit verskeie polisie-eenhede bestaan het 'n voertuig met blou ligte op die R59-pad in die Parys-omgewing gesien en hul probeer stop. Die verdagtes het glo wegjaag. Soos berig het die verdagtes beheer oor hul voertuig verloor en teen ‘n heining gebots. Die liggaame van twee verdagtes - geklee in polisie-uniforms - is in die motor gevind. Daar is ook twee ongel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 15, 2025


Sommige Vrystaters staar ‘n somber Kersfees in die gesig
Die werknemers van die Vrystaatse Mafube-munisipaliteit sal waarskynlik 'n somber Kersfees hê. Dit volgens SABC News aangesien hulle glo nie vir drie maande salarisse ontvang het nie. Die nasionale tesourie het weens die nie-nakoming van finansiële vereistes, die munisipaliteit se billike deel teruggehou. Werkernemers het bande by die munisipale gebou gebrand om te teen die wanbetaling van salarisse te protester. Volgens die die sekretaris van die Vrystaatse Suid-Afrikaanse

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 12, 2025


Veiligheidskwessies dwing die sluiting van ‘n Vrystaatse Arbeidsentrum
Ná ‘n aanval is die Arbeidsentrum in Petrusburg deur die Vrystaatse Departement Arbeid gesluit. Volgens SABC News het die departement verkies om nie verdere besonderhede oor die aanval te verskaf nie. Die departement se woordvoerder, Tshego Mogapi, sê personeel is getraumatiseer en hulle is bekommerd oor hul veiligheid. Sy sê die sentrum sal Woensdag weer met bedrywighede begin en die polisie ondersoek die voorval. In Oktober is die Petrusburg Arbeidsentrum ook na dreigem

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 9, 2025


‘n Vrystaatse onderwyser verskyn eersdaags in die hof
‘n Vrystaatse onderwyser wat op aanklag van beweerde seksuele aanranding en verkragting teregstaan, sal eersdaags in die Parys-landdroshof verskyn. Dit na hy dié naweek in die selle deurgebring het. Volgens Parys Gazette hou die aanklagte verband met voorvalle wat glo in 2022 plaasgevind het. Luidens ‘n verklaring van die Departement van Onderwys is die veiligheid van leerders nie-onderhandelbaar nie. Die departement het ook diep kommer oor die bewerings uitgespreek. Daar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 7, 2025


Verdagtes is vinnig na ‘n plaasaanval in die Vrystaat opgespoor
Nie net is ses verdagtes vinnig opgespoor na ‘n plaasaanval in Warden, in die Vrystaat, nie – die boer se gesteelde bakkie en vuurwapens is ook teruggevind. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring ‘n 74-jarige man het glo gesien hoe sy bakkie uit die omgewing van sy plaashuis gery word. Kort daarna het vyf verdagtes hom genader en glo met die agterkant van ‘n vuurwapen oor sy kop geslaan. Met die slagoffer se aankoms by sy huis het hy sy 76-jar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 7, 2025


Die deernis van ‘n Vrystater gaan nie ongesiens verby nie
Die deernis van ‘n Vrystaatse man wat 15km ver geloop het om sy beseerde hond se lewe te red het nie ongesiens verbygegaan nie. Maroela Media berig Sello Mabote het ‘n drie-maande kontrak by die einste DBV gekry waar hy om hulp gaan aanklop het. Mabote wat voorheen werkloos was, het talle se harte aangeraak toe in Oktober die lang pad met Option in sy arms aangedruf het. Dit na die hond se been in ‘n tref-en-trap-ongeluk gebreek is. Virgina DBV se voorsitter, Thea Smit, sê

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 6, 2025


‘n Vrystaatse speurder slaap in die tronk
'n Speurder verbonde aan die Vrystaatse Eenheid vir Veediefstal en Bedreigde Spesies slaap dié naweek in die tronk. Nova News berig hy het vroeër die week in die hof verskyn na hy vir ‘n tweede keer in hegtenis geneem is. Die 58-jarige Adjudant-offisier, Ferdinand van Vuuren, is aanvanklik vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen in hegtenis geneem. Hy is blykbaar op ‘n waarskuwing vryelaat na hy in die hof verskyn het. Van Vuuren is weer later in hegtenis geneem na

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 6, 2025


Vuurwapens is by ‘n Vrystaatse munisipale gebou gesteel
Die polisie in die Vrystaat het ‘n klopjag vir sake-inbraak van stapel gestuur na vuurwapens glo by die Moqhaka Parke munisipaliteitsgebou in Kroonstad Sentraal gesteel is. ‘n Werknemer van die munisipaliteit het glo die misdaad ontdek toe hy by die werk opgedaag het. Hy het eers opgemerk dat die alarmbeheerkas beskadig was en die deur na die Wapenkamer/Amnestiekamer met geweld oopgemaak is. Binne die Wapenkamer is ontdek dat twee staalkluise oopgeforseer is. Polisiewoordvoer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025
bottom of page

