top of page

Die DOV verwelkom die uitspraak teen Cholota

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 19
  • 1 min read

Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, het die Vrystaatse Hooggeregshof se verwerping van Ace Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, se spesiale pleidooi in die R255 miljoen asbesdakverwydering-korrupsiesaak verwelkom.


Cholota het die hof versoek om die aanklagte teen haar tersyde te stel in ‘n poging om vervolging te vermy. Sy is onder verskeie beskuldigdes wat verbind word aan die omstrede asbesouditkontrak in die Vrystaat, wat na bewering onreëlmatige betalings en korrupsie behels het.


Sy is in 2024 uit die Verenigde State uitgelewer en veg sedertdien teen die uitlewering.


Mohtibi het gister ná die uitspraak gesê die uitkoms is goed vir die administrasie van geregtigheid.


LUISTER HIER:


Any Mothibi

Moroadi Cholota. FOTO: Insider Chronicle
Moroadi Cholota. FOTO: Insider Chronicle






Recent Posts

See All

Comments


bottom of page