top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Harrismith-boeties is glo uit weerwraak vermoor

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Lakaje-boeties van Harrismith is glo uit weerwraak vermoor. Die oorlede Thabiso en Reanetswe se suster, Katso Lakaje, sê die familie dink hul neef, Ndudzi Lakaje, het die twee seuns vermoor omdat hy oortuig is hul ma het sy broer as kind vermoor.


Ndudzi is kort ná die boeties se moord op die plaas Toekoms in hegtenis geneem.


Netwerk24 berig die beweerde moordenaar het glo ’n waarskuwing aan die agterkant van die Lakaje-gesin se voordeur uitgekerf dat hy die kinders se ma, Zandile Lakaje, óók gaan doodmaak. Katso ontken dat Zandile ooit Ndudzi se broer leed aangedoen het.


Rosestad-nuus het vroeër berig die Lakaje-boeties is verlede Woensdag voor hul huis gevind nadat hulle vroeër die dag erg aangerand is. Thabiso is op die toneel dood verklaar, en Reanetswe het later voor sy dood in die hospitaal glo die aanvaller by monde geïdentifiseer.


Ndudzi het Maandag in Harrismith se landdroshof verskyn.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page