Die landbousektor gaan ook gebuk weens die Midde-Ooste-konflik
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse landbousektor maak hom gereed vir verdere druk soos die konflik tussen die VSA, Israel en Iran voortgaan.
Volgens ‘n model deur die professionele dienstefirma, EY-Parthenon, kan die rand vanjaar tot soveel as R17,63 teenoor die Amerikaanse dollar verswak indien die konflik vir ses maande of langer voortduur. Die firma verwag ook dat Suid-Afrika se ekonomie R40 miljard kan verloor indien die oorlog voortduur.
Intussen berig Netwerk24 die hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz en lid van die presidensiële ekonomiese adviesraad, Wandile Sihlobo, sê Suid-Afrika is uiters afhanklik van die invoer van kunsmis. Hy sê omtrent 80% van die kunsmis word ingevoer van ’n hele reeks lande uit gebiede soos die Swartsee en die Midde-Ooste.







Comments