Die Midde-Ooste-konflik kan jou beursie direk raak
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Jou beursie kan direk geraak word deur die VSA en Israel se aanvalle op Iran, en Iran se daaropvolgende aanvalle op teikens in verskeie lande in die Midde-Ooste.
Maroela Media berig 'n onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, sê die konflik sal hoofsaaklik 'n negatiewe impak in die vorm van hoër brandstofpryse veroorsaak.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder dit kan inflasie opstoot, wat weer kan veroorsaak dat die Reserwebank briek aandraai met dalings in die rentekoerse.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Indien pryse vir ’n langer tydperk hoog bly, kan dit ook ’n breër sekondêre impak hê, aangesien logistieke en vervoerkoste verder kan styg. Die skerp styging in oliepryse sal die handelsvoordeel wat Suid-Afrika vir die grootste deel van verlede jaar geniet het, verminder. Die verswakking van die rand kan egter beperk wees, aangesien die goudprys ook skerp gestyg het namate beleggers na veiliger bates soos goud gevlug het.
Die brandstofprys is Woensdag vir die eerste keer in maande verhoog.







Comments