Die Waterfront se ligte brand weer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein se ligte brand weer.
Dit kom nadat die winkelsentrum en die Georgiou-familie glo ’n ooreenkoms met Centlec en die Mangaung-metro bereik het.
Netwerk24 berig die woordvoerder van die Loch Logan-waterfront, Meryl Henning, sê kragtoevoer is Maandag weer aangeskakel. Die woordvoerder van Centlec, Tseliso Leba, sê die kragvoorsiener kan geen rekeninge van enige kliënte in die openbaar bespreek nie en die kwessies kan slegs met die betrokke partye bespreek word.
Dis steeds onduidelik watter ooreenkoms bereik is en of die agterstallige bedrag vereffen is.
Rosestad-nuus het vroeër berig die sentrum se kragtoevoer is in Februarie weens agterstallige skuld deur Centlec afgesny.






Comments