Die WEF ondersoek sy hoof oor Epstein-bewerings
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
Die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) het ‘n ondersoek van stapel gestuur na sy uitvoerende hoof, Borge Brende, oor sy verhouding met seksoortreder Jeffrey Epstein.
Onthullings van die Amerikaanse Departement van Justisie toon dat Brende drie sake-etes met Epstein gehad het. Hy het ook per e-pos en teksboodskap met die veroordeelde seksoortreder gekommunikeer.
Die WEF sê hulle het besluit om ‘n onafhanklike hersiening te loods. Die organisasie sê die besluit toon hul verbintenis tot deursigtigheid en die handhawing van hul integriteit.







Comments