Dienslewering gaan voort ten spyte van polisie-inhegtenisname
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 12
- 1 min read
Updated: Apr 13
Die polisie in die Vrystaat het die gemeenskap gerusgestel dat dienslewering nie ontwrig sal word deur die inhegtenisneming van nege polisiebeamptes by die Bultfontein-polisiestasie nie.
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het die beamptes in hegtenis geneem in verband met ‘n dodelike skietvoorval in die Vrystaat.
Hulle het na bewering drie burgerlikes en ‘n konstabel in 2024 doodgeskiet terwyl hulle gereageer het op ‘n huishoudelike geskil oor ‘n selfoon.








Comments