Dit is onbekend wanneer die vermeende Krugerwildtuin-moordenaars uitgelewer sal word
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 8
- 1 min read
Dit is onbekend wanneer die vermeende moordenaars van die egpaar in die Krugerwildtuin uit Mosambiek uitgelewer sal word.
Netwerk24 berig nóg die woordvoerder van die departement van bosbou, visserye en die omgewing, Zolile Nqayi, nóg die woordvoerder van die departement van justisie, Steve Mahlangu, kon inligting verskaf nie.
Ernst en Dina Marais is verlede maand in die Krugerwildtuin vermoor en hul dubbelkajuit-Ford Ranger-bakkie is gesteel. Die bakkie is glo deur die vermeende moordenaars in Mosambiek verkoop.
Die verdagtes is in dié buurland in hegtenis geneem en het Woensdag in ’n hof in Maputo op twee aanklagte van moord en ’n aanklag van voertuigkaping verskyn.





Comments