top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Drie afsonderlike busongelukke eis vier lewens in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 1
  • 1 min read

Vier mense is dood en byna 260 beseer in drie afsonderlike busongelukke wat vanoggend in die Vrystaat plaasgevind het.


Volgens 'n mediaverklaring wat deur Rosestad Nuus ontvang is, het Vrystaatse nood-mediese dienste na drie ernstige voorvalle in die Xhariep- en Thabo Mofutsanyana-distrikte gereageer.


Die eerste ongeluk het omstreeks halfvyf vanoggend by die R701 en Voortrekkerstraat in Smithfield plaasgevind waar 'n bus omgeslaan het. Twee mense is kritiek beseer, twee ernstig beseer en 64 het ligte beserings opgedoen.


Op die Bethlehem-Reitz-pad was drie busse in 'n botsing betrokke. Daar is twee kritieke pasiënte, vyf ernstig beseerdes en 180 mense het ligte beserings opgedoen.


In 'n derde voorval by die Reitz-Tweeling-kruising het 'n bus met 'n ligte motorvoertuig gebots. Vier mense is dood en die omstandighede rondom die botsing word ondersoek.

Nooddienste het op al drie tonele massabeseringsprosedures toegepas en saam met ander nooddienste gewerk om pasiënte te behandel en na hospitale te vervoer.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page