Dringende ingryping by lewensgevaarlike Bloem-paaie word geëis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 20
- 1 min read
Die toestand van Bloemfontein se pad- en verkeersinfrastruktuur hou ’n ernstige gevaar vir padgebruikers en voetgangers in.
Inligting wat van AfriForum ontvang is, dui daarop dat die wye voorkoms van slaggate, onwerkende verkeersligte en dowwe padmerke, saam met gebrekkige instandhouding, die stad se paaie in ’n kritieke toestand dompel.
Die organisasie sê motoriste moet daagliks vir slaggate uitswaai, wat die risiko van ongelukke verhoog, terwyl swak sigbare padmerke en wanfunksionerende verkeersligte tot chaotiese verkeerstoestande lei.
Daar word ook gewaarsku dat skoolgebiede besonder kwesbaar is, met kinders wat aan hierdie gevaarlike toestande blootgestel word.
AfriForum eis nou dringende optrede en ’n uitvoerbare plan van die Mangaung-metro om die probleem aan te spreek.








Comments