Eskom bestee miljarde rande minder aan diesel om sy oopsiklus-gasturbines te bedryf
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Eskom bestee miljarde rande minder aan diesel om sy oopsiklus-gasturbines te bedryf.
Die uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokane, sê die turbines is die laaste paar maande bykans glad nie gebruik nie.
Die land het nou al 328 dae lank agtereenvolgens geen beurtkrag gehad nie.
Die turbines is in die verlede hoofsaaklik gebruik om beurtkrag te versag.
Volgens Marokane het Eskom sy uitgawes aan diesel vir die oopsiklus-gasturbines in die afgelope boekjaar met 62-komma-vier-ses persent verlaag.








Comments