Eskom se prysverhoging is g’n gekkedag-grap
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Eskom-kliënte sal vanaf 1 April dieper in hul sakke moet grou, aangesien elektrisiteitstariewe na verwagting sal styg.
Die kragverskaffer het bevestig dat kliënte wat direk deur Eskom voorsien word, ‘n prysverhoging van 8,76% kan verwag. Munisipaliteite sal na verwagting ‘n gemiddelde verhoging van 9% vanaf Julie implementeer.
Nersa het die tariefaanpassing goedgekeur as deel van Eskom se inkomsteplan vir die 2026/27-boekjaar.







Comments