Kragskade-eise kan by Centlec ingedien word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 24
- 1 min read
Kragskade-eise vir versekeringdoeleindes kan by Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, ingedien word.
Dit volg terwyl misleidende inligting oor die eisproses tans op sosiale media versprei word.
Volgens Centlec is die inligting wat versprei word nie deur die hulle uitgestuur nie en meld ook die verkeerde kontakpersoon.
Hulle sê aan Rosestad-nuus eise kan wel ingedien word deur Doreen Mathe te kontak.
Kontakbesonderhede: doreen.mathe@centlec.co.za | 051 409 2294.







Comments