Miljoene jong Suid-Afrikaners is steeds nie geregistreer om te stem nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 1
- 1 min read
Miljoene jong Suid-Afrikaners is steeds nie geregistreer om te stem nie, met die Onafhanklike Verkiesingskommissie wat waarsku dat die geleentheid om te registreer nie onbepaald beskikbaar sal wees nie.
Volgens die OVK vorm mense tussen 18 en 29 jaar die grootste groep van die meer as 11 miljoen ongeregistreerde kiesers in die land.
Die laaste kiesersregistrasienaweek vind hierdie naweek plaas, met stemlokale wat van agtuur die oggend tot vyfuur die middag oop sal wees.
Jongmense kan ook gratis van die OVK se aanlyn registrasiediens gebruik maak om te registreer. Die kommissie herinner bestaande kiesers terselfdertyd om hul woonadresse op te dateer voor die komende plaaslike regeringsverkiesing.








Comments