MMM-nuus: Wateronderbreking | Samesprekings met Sanral | Opleiding oor slangveiligheid
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 hours ago
- 1 min read
Bloemfonteiners moet voorberei vir ’n beplande wateronderbrekings
Bloemfonteiners word aangeraai om voor te berei vir ’n beplande wateronderbreking dié naweek.
Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) sal watertoevoer tydelik onderbreek word om noodsaaklike werk aan die waterinfrastruktuur te doen.
Die onderbreking sal onder meer Westdene, Naval Hill, Arboretum en omliggende gebiede raak.
Die metro sê die werk vorm deel van instandhouding en opgraderings om die betroubaarheid van die netwerk te verbeter.
Bloemfonteiners word versoek om genoeg water vooraf te stoor vir huishoudelike gebruik gedurende die onderbreking.
Die metro maan ook dat water spaarsamig gebruik moet word wanneer die toevoer hervat word.
MMM vergader met SANRAL oor infrastruktuur-uitdagings
Daar is onlangs met SANRAL oor infrastruktuur-uitdagings vergader.
Die gesprek vorm deel van ’n provinsiale belangegroep-aanbieding en fokus op samewerking om paaie en ander dienste te verbeter.
Burgemeester Gregory Nthatisi het die impak van swaar reënval op paaie uitgelig, wat tot slaggate en erosie bydra.
Die metro sê die samewerking is daarop gemik om oplossings vir paaie, kabels en ander infrastruktuur te versnel.
Jan 'Slangman" Boloyi gee opleiding oor slangveiligheid
Gegradueerdes in landelike ontwikkeling en landbou het in opleiding oor slangveiligheid ontvang.
Die sessie is by die Bram Fischer-gebou aangebied en deur Plaagbeheerbeampte Jan “Slangman” Baloyi gelei.
Hulle is geleer hoe om veilig op te tree tydens slangontmoetings, asook die belang van beskermende kleredrag.
Daar is ook klem gelê op die rol wat slange speel in die ekologiese balans.








Comments