‘n Anti-bende-eenheid slaan toe op misdaad in Bloemspruit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 9
- 1 min read
Drie verdagtes is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat polisie ’n vuurwapen wat onwettig besit is en ’n groot hoeveelheid dwelms in Bloemspruit gevind het.
Luidens ‘n mediaverklaring het lede van die provinsiale anti-bende-eenheid op intelligensie reageer oor ’n moontlike vuurwapen by ’n woning in die gebied.
’n Deursoeking van die perseel het gelei tot die ontdekking van ’n vuurwapen wat buite tussen ’n sinkhut en bakstene versteek was.
Polisie het ook ’n 32-jarige verdagte in hegtenis geneem wat glo besig was om dagga met ’n geskatte straatwaarde van sowat R55 000 te verpak.
’n Derde verdagte is later by ’n tweede adres vasgetrek. Hy word glo gesoek in verband met ’n saak van poging tot moord.
Die drie verdagtes sal na verwagting binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.








Comments