'n Buitelandse man is in Ficksburg inhegtenis geneem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 1 minute ago
- 1 min read
Die Ficksburg-polisie in die Vrystaat het ’n 41-jarige buitelandse man in hegtenis geneem nadat hy tydens ’n stop-en-deursoek-operasie in besit van ’n vermoedelik gesteelde CCTV-kamera gevind is.
Volgens 'n mediaverklaring van die Kantoor van die Waarnemende Provinsiale Kommissaris in die Vrystaat het die inhegtenisname gister middag plaasgevind toe polisie roetinepatrollies in die dorp uitgevoer het en ’n verdagte man opgemerk het.
Tydens die inhegtenisname is daar ook op dagga, huisbraakgereedskap, ammunisie en ’n gevaarlike wapen beslag gelê.
Die man staan nou tereg op aanklagte van besit van vermoedelik gesteelde eiendom, besit van huisbraakgereedskap, onwettige besit van ammunisie, handel in dagga en die besit van ’n gevaarlike wapen.
Hy sal na verwagting Maandag in die Ficksburg-landdroshof verskyn.








Comments