top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Jong Bloemfonteiner is dood in 'n motorfietsongeluk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 16
  • 1 min read

’n Jong motorfietsryer van Bloemfontein is dood toe hy teen ’n voertuig gebots en ’n lamppaal getref het.


Netwerk24 berig Louis Smith van Hospitaalpark is Saterdagoggend deur paramedici op die toneel dood verklaar. Volgens polisiewoordvoerder kol. Thabo Covane het Smith se motorfiets en 'n motor by die kruising van Currielaan en Napoleonstraat gebots.


Die 19-jarige Smith was ’n oudleerling van die Martie du Plessis-skool. Die skool het op sy Facebookblad sy meegevoel aan Smith se familie en vriende betuig.


Covane sê 'n saak van strafbare manslag is by Parkweg-polisiekantoor geopen.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook


Comments


bottom of page