‘n Jongklomp pak padveiligheid by Bloem-skole aan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 26
- 1 min read
AfriForum Jeug se Bloemfontein-tak het onlangs verskeie projekte aangepak om pad- en leerderveiligheid by skole in die stad te verbeter.
Voetoorgange is by Laerskool Sand du Plessis oorgeverf, terwyl die voetoorgange en stopstraat-merke by Hoërskool Sand du Plessis ook opgeknap is.
Om padveiligheid te bevorder is vier slaggate in Mayostraat ook herstel.
Volgens die organisasie vorm die inisiatief deel van ’n breër poging om gemeenskapsveiligheid deur praktiese selfdoenaksies te versterk.
Die distrikskoördineerder van AfriForum se Bloemfontein-tak, Christo Groenewald, sê in ‘n mediaverklaring projekte soos dié wys wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap saamstaan en verantwoordelikheid neem.







Comments