top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Man is tot 24 jaar gevangenisstraf gevonnis vir verkragting

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 16
  • 1 min read

'n Man is in die Sasolburg-streekhof tot 24 jaar gevangenisstraf vir verkragting gevonnis.

Volgens 'n polisieverklaring was die destyds 14-jarige slagoffer in 2021 by ’n snoepwinkel naby haar woning waar sy vir Godfrey Mokoena, wat sy geken het, ontmoet.


Hy het haar met geweld aan die hand gegryp en haar beveel om saam met hom na sy woning te gaan. Hy het die slagoffer na ’n nabygeleë park geneem, waar hy haar binne ’n verlate houer verkrag het.


Daarna het hy haar na sy woning geneem en haar vir ’n tweede keer verkrag.

Die beskuldigde het die slagoffer daarna gedreig en haar beveel om niemand van die voorval te vertel nie.


Hy het weggekruip, maar is later in hegtenis geneem. Tydens die ondersoek is vasgestel die slagoffer is verstandelik gestremd.


Benewens die vonnis het hof die beskuldigde onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en gelas dat sy besonderhede in die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders opgeneem word.


Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page