‘n Massapatrollie in Bloem bring hoop vir kinders
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 12
- 1 min read
Gemeenskapslede in Bloemfontein het saamgespan in ʼn massapatrollie ter ondersteuning van kinders wat met kanker gediagnoseer is.
Luidens ‘n plasing op sosiale media het die inisiatief, wat vyf jaar gelede deur AfriForum Uitsig Buurtwag en CHOC begin is, gegroei tot ʼn sterk boodskap van hoop en eenheid.
Verskeie veiligheidsdienste, mediese nooddienste en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag deelgeneem, terwyl die Bloemfontein Scottish Bagpipe Band vir ʼn besondere atmosfeer gesorg het.
Organiseerders sê die optog was ʼn sigbare bewys dat geen gesin alleen staan nie.
Hulde is ook gebring aan mediese personeel en terapeute wat daagliks kinders en hul families ondersteun.
Volgens die organiseerders bly die doel om hoop te bring en daadwerklike ondersteuning aan gesinne te bied.







Comments