'n Pa en sy seun is vermoedelik tydens 'n huisroof in Virginia vermoor
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 1
- 1 min read
Polisie ondersoek steeds die moord op 'n pa en sy seun van Virginia in die Vrystaat, terwyl 'n huisroof as moontlike motief ondersoek word.
Volgens Netwerk24 is die ondersoek in 'n vroeë stadium, en speurders werk saam met die Vrystaat se Moord- en Roofeenheid om die omstandighede rondom die dubbele moord te bepaal.
Die liggame van die twee mans, onderskeidelik 68 en 40 jaar oud, is Donderdag op 'n eiendom in Tulbaghstraat aangetref nadat bure en 'n private veiligheidsmaatskappy alarm gemaak het toe hulle vir etlike dae nie gesien is nie.
Volgens die polisie is die slagoffers met vasgebinde hande en voete gevind. Een slagoffer het glo 'n plastieksak oor sy kop gehad, terwyl die ander na bewering met 'n draad verwurg is.
Die slagoffers se silwer Hyundai Getz is ook vermis en is vermoedelik tydens die voorval gesteel. Twee aanklagte van moord en 'n saak van huisroof word ondersoek.








Comments