top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Verdagte is in Zastron aangekeer vir die beweerde verkragting van vrou

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 12
  • 1 min read

Polisie in Zastron, in die Vrystaat, het ’n 29-jarige man in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ’n 26-jarige vrou in Ezibeleni.


Volgens ’n mediaverklaring van die kantoor van die Provinsiale Kommissaris in die Vrystaat, het die voorval op Vrydagaand, 3 April, plaasgevind toe die slagoffer saam met ’n vriend by ’n plaaslike taverne was.


Ná hulle die perseel verlaat het, het die verdagte haar genader en daarop aangedring dat sy saam met hom na sy woning gaan.


Toe sy geweier het, het die man haar glo met geweld na sy huis geneem, waar sy na bewering verkrag is.


Die slagoffer kon daarin slaag om te ontsnap en het die voorval die volgende oggend by die polisie aangemeld.


Die Smithfield Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Misdrywe-eenheid het die verdagte daarna opgespoor en in hegtenis geneem.


Hy sal binnekort in die Zastron-landdroshof verskyn op aanklaget van verkragting.


Ter Illustrasie. FOTO: The Cable
Ter Illustrasie. FOTO: The Cable


Comments


bottom of page