‘n Vrou in Wilgehof is glo met ‘n vuurwapen gedreig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 17
- 1 min read
AfriForum911 se reaksie-eenheid in Bloemfontein het vinnig opgetree ná ’n noodoproep oor ’n vrou wat vermoedelik met ’n vuurwapen op ’n perseel in Bidwellstraat, Wilgehof, gedreig is.
Volgens ‘n mediaverklaring is die reaksie-eenheid en die polisie onmiddelik na die toneel ontbied.
Dit het aanvanklik geblyk dat die verdagte nie meer in besit van die vuurwapen is nie, maar inligting van ander inwoners het egter aangedui dat die wapen moontlik op die perseel versteek is.
Die reaksielede het daarna ’n deeglike soektog op die eiendom uitgevoer waarna die vuurwapen eindelik in ’n sak in ’n wendyhuis op die perseel opgespoor is.
Lede van die Parkweg-stasie het die toneel oorgeneem en twee persone is in verband met die besit van ’n onwettige vuurwapen en medepligtigheid in hegtenis geneem.








Comments