top of page

’n Vrystaatse tronk word vasgevat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 18
  • 1 min read

Talle onwettige items en dwelms is gevind toe die Vrystaatse Bizzah Makhathe korrektiewe sentrum in Kroonstad deursoek is.


Volgens die Departement van Korrektiewe Dienste is ’n gesamentlike operasie uitgevoer om veiligheid en beheer binne die sentrum te versterk.


Selfone, skerp voorwerpe, kontant en bankkaarte is gekonfiskeer, terwyl ’n groot hoeveelheid dagga en mandrax ook gevind is.


Die operasie het beide die manlike en vroulike afdelings geteiken en is uitgevoer deur leerders van die Kroonstad Kollege saam met die noodondersteuningspan.


Volgens die departement is die optrede deel van pogings om rehabilitasieprogramme te beskerm en ’n veiliger omgewing vir beamptes en gevangenes te verseker.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page