’n Vrystatertjie verloor haar dapper kankerstryd
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 39 minutes ago
- 1 min read
’n Vyfjarige Vrystatertjie van Senekal het haar stryd teen ’n seldsame en aggressiewe vorm van oogkanker verloor.
Netwerk24 berig Leandré Lottering is in die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein oorlede.
Sy is met retinoblastoom gediagnoseer nadat haar oog begin skeeftrek het. Haar linkeroog is later verwyder, maar die kanker het intussen na haar brein en rugmurg versprei.
Volgens berigte het Leandré die afgelope weke ’n moeilike tyd deurgegaan terwyl haar gesin en verskeie organisasies haar ondersteun het.
Die organisasie Arms of Mercy, wat hulp aan siek kinders verleen, het hulde gebring aan Leandré en haar as ’n dapper en liefdevolle kind beskryf.
Reëlings vir haar gedenkdiens is nog nie bekend nie.







Comments