top of page

New Beginnings staak alle bedrywighede

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 11
  • 1 min read

Tot verdere kennisgewing staak New Beginnings alle bedrywighede.


Die Bloemfonteinse nie-winsgewende organisasie sê in ‘n plasing op sosiale media dit is nog nie eers Desember nie en hul sukkel om kop bo water te hou.


Hulle voeg by hulle het siek diere wat behandeling benodig, nuwe reddingsdiere het ingekom, en byna 40 diere in hul skuiling moet nog gevoer en versorg word.


Ongelukkig kan hulle, totdat hulle genoeg fondse ontvang om uit die rooi te kom, eenvoudig nie voortgaan nie.


Dit beteken geen dier kan gered word, geen veldwerk gedoen word en hulle kan geen hulp aan diere in nood verleen nie.


Die organisasie pleit en sê sonder Bloemfonteiners se hulp sal baie diere ly, en hulle kan nie toelaat dat dit gebeur nie.


FOTO: New Beginnings
FOTO: New Beginnings

Comments


bottom of page