top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Oud-Springbok Naka Drotské word vir R9-miljoen rand gedagvaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 12
  • 1 min read

Oud-Springbok Naka Drotské word vir R9-miljoen rand gedagvaar ná ’n beweerde onderonsie met ’n buurman in Bloemfontein.


Volgens Netwerk24 het die voorval ontstaan ná ’n rusie wat glo begin het met opmerkings oor Drotské se vrou en daarna geëskaleer het in ’n fisieke konfrontasie tussen die betrokke partye.


Die buurman, Vivian John de la Hunt, dagvaar nou Drotské en ’n vriend vir skadevergoeding van R9-miljoen . Dit hou glo verband met beserings wat hy tydens die voorval opgedoen het, asook moontlike verdere skade wat uit die insident voortspruit.


Die voorval wat in 2024 plaasgevind het, het reeds in die Bloemfontein landdroshof verksyn waar die klagtes teruggetrek is weens 'n skikking wat bereik is.


De La Hunt het besluit om die saak nou na die siviele hof te neem.


Drotské het nog nie volledig in die openbaar op die aantygings gereageer nie, en dit is onduidelik hoe hy hom in die hof gaan verdedig.


Naka Drotske. FOTO: TimesLIVE
Naka Drotske. FOTO: TimesLIVE

Comments


bottom of page