top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Phala Phala: ActionSA versoek dat die ondersoek heropen word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 17
  • 1 min read

ActionSA het die Openbare Beskermer versoek om sy Phala Phala-ondersoek te heropen. Dit volg op ‘n verdoemende verslag wat onlangs deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat gedeklassifiseer is oor die beweerde toesmeerdery van die inbraak en diefstal in 2020 by president Cyril Ramaphosa se plaas.


Die verslag beveel onder andere dissiplinêre stappe aan teen die hoof van Ramaphosa se beskermingseenheid, generaal-majoor Wally Rhoode, en ‘n ander ondersoekbeampte wat hom gehelp het om verdagtes op te spoor.


Die Openbare Beskermer het die president voorheen van enige oortreding in die omstrede saak vrygespreek.


ActionSA se Michael Beaumont sê die ondersoek moet nou sy omvang verbreed om te fokus op die potensiële aanspreeklikheid van diegene wat in die presidentskap dien.


LUISTER HIER:


Michael Beaumont

FOTO: Mail & Guardian
FOTO: Mail & Guardian



Comments


bottom of page