Phala Phala: Die verslag is nie meer topgeheim nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 10 hours ago
- 1 min read
Die verslag van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) oor die inbraak en diefstal by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas is gedeklassifiseer.
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het in antwoord op ‘n skriftelike parlementêre vraag van die ATM bevestig die verslag is verlede maand gedeklassifiseer. Hy sê dat Opod, ná oorweging van die aanvanklike redes vir die topgeheime klassifikasie en openbare belang, tot die besluit gekom het dat die klassifikasie nie meer die doel dien nie.
Cachalia sê die Opod-ondersoekverslae is nie vir openbare gebruik nie en sal as sodanig slegs deur behoorlike regsprosesse toeganklik wees.






Comments