top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Rusland stel saam met die Oorlogmuseum ‘n nuwe geskiedenisreeks bekend

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 9
  • 1 min read

Die Russiese Ambassade in Suid-Afrika stel saam met die Anglo-Boer Oorlogmuseum in Bloemfontein ’n nuwe sosialemediareeks bekend wat fokus op Russiese vrywilligers wat tydens die Anglo-Boereoorlog saam met die boere geveg het.


Die ambassade sê op hul sosiale media blad Russiese vrywilligers het as offisiere, verkenners en vegters binne Boere-kommando-eenhede gedien en vaardigheid, dissipline en moed na die konflik gebring.


Baie het hul lewens op die slagveld verloor, terwyl ander gewond of gevange geneem is.


Volgens die Anglo-Boer Oorlogmuseum se sosiale media het sowat 250 Russiese vrywilligers destyds aan verskeie veldslae deelgeneem en op eie koste na Suid-Afrika gereis.


Die Russiese ambassade het onlangs ook die museum besoek en ’n toer van die uitstalling oor buitelandse betrokkenheid ontvang.


Tydens die besoek is argiefdokumente van die Sentrale Staatshistoriese Argief van Sint Petersburg aan die museum geskenk.


Onder die materiaal is ’n houtskoolportret van president Paul Kruger.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page