SONA: Finale voorbereidings word getref
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 12
- 1 min read
Finale voorbereidings is aan die gang vir President Cyril Ramaphosa om Donderdagaand die jaarlikse staatsrede by die Kaapstadse Stadsaal te lewer.
Verskeie paaie rondom die lokaal is nou vir die res van die dag gesluit, met wetstoepassingsbeamptes reeds rondom die saal gestasioneer. Die polisie het byna elke kruising in die gebied beveilig.
Intussen sê die ANC hulle wil hê dat die staatsrede moet fokus op maatreëls om werkloosheid te bekamp en korrupsie aan te pak.
Die ANC se hoofsweep, Mdumiseni Ntuli, sê hulle is ook gretig om te hoor watter ingrypings ingestel gaan word om onmiddellik die stand van plaaslike regering en die prosesse om die ekonomie te hernu, aan te spreek.
LUISTER:
Mdumiseni Ntuli







Comments